Karlien van Jaarsveld

Tuisblad   |   Bio   |   My Musiek   |   Gigs   |   Nuus   |   Fotos   |   Gasteboek   |   Besprekings
Sluit Aan!

Wees eerste om te weet as ek iets wil deel! Sluit hier aan by my nuusbrief:

Naam:

 

Email:
   
 
Borge & Vriende
 

Jongste Nuus

Goeie dag julle... (ek het sopas 'n half uur gevat om te dink hoe ek die nuusbrief sal begin.. Maar dink dis die professionele manier om dit te doen..)

Ek het gistraand weer die Ghoema Awards op Kyknet gekyk, want die aand wat mens daar is en die toekennings ontvang is alles half 'n blur.. Mens is net so opgewonde en verbaas dat jy amper niks van die aand kan onthou nie. Dit was so 'n mooi geleentheid en ek weet die Ghoemas gaan net groter word!! Maar die belangrikste van die hele aand was dat julle daar was, dat julle ons ondersteun, dat julle vir ons stem en so hard vir ons skree en ons laat onthou hoekom ons so lief is vir dit wat ons doen. Julle voel soos vriende sonder dat julle weet, julle dra ons en maak ons die kunstenaars wat ons is. Dankie daarvoor, uit my hart uit ongelooflik baie dankie vir elkeen van julle, wat hierdie brief lees, wat shows toe kom om na ons liedjies te luister en ons stories te hoor, wat vir ons stem en vir ons tweet, dit is so great van julle!! DANKIE!!!!!!!!!! O ja, en nog iets wat ek wel van die aand onthou by die Ghoemas, is vir Steve... Steve Hofmeyr.. Hyt net so 'n manier om die crowd te laat luister.. En hy's die enigste een wat op die verhoog kan staan en presies sê soos hy oor iets voel en niemand voel offended nie... Ai, hy's darem net great.. Ek sal ook seker altyd een van sy grootste fans wees!!!!! Ek dink met die volgende verkiesing vir president moet hy op een van die plakkate verskyn...

LEES MEER »

Waar ek optree: