Wees eerste om
te weet as ek
iets het om te
deel!
Sluit hier aan
by my nuusbrief:
Naam:
Email:
Biografie
Karlien van Jaarsveld. Oudste
van 3 kinders. Gebore 21
Desember 1985 in die Paarl. Sy
is die ouer suster van die reeds
bekende Bobby van Jaarsveld en
het nog ‘n jonger sussie, Cara.
Karlien het by Brits H-Skool
haar matriek geskryf en woon al
die afgelope paar jaar in
Pretoria. Haar pa, Bob van
Jaarsveld, is ‘n sakeman in
Witbank en haar ma, Ronel Brink,
woon in Pretoria en bestuur
beide Karlien en Bobby se
loopbane.
Karlien is nie ‘n nuwe gesig in
die musiekbedryf nie. Sy het 3
jaar gelede begin om saam met
Bobby op te tree as sy
kitaarspeler en backing
vocalist. Sy het ook ‘n duet
saam met Bobby gedoen op sy
eerste album. Karlien het so 2
jaar gelede besluit om haar eie
ding te doen het toe ‘n rockband
gestig, REVOLUSIE. Sy was dus
die stigter en hoofsanger van
die groep, REVOLUSIE. Rockmusiek
was maar altyd in haar bloed en
sy het die 2 jaar saam met
REVOLUSIE beskou as een van die
beste leerskole ooit.
Karlien het egter in Oktober
2008 besluit om solo te gaan met
haar loopbaan en sy het
REVOLUSIE verlaat. Johan Vorster
en Sean Else van MOZI Records
het Karlien ‘n kort rukkie
daarna saam met Bobby van
Jaarsveld sien optree en het
haar dadelik genader vir `n cd
kontrak. Karlien het saam met
Mozi Records onder leiding van
Johan Vorster en Sean Else haar
eerste cd “As Die Gordyn Val”
uitgebring. Beide Johan en Sean
het genoem dat hulle nog nooit
‘n stem soos die van Karlien van
Jaarsveld gehoor het nie.
Volgens hulle beskik Karlien oor
een van die mees unieke stemme
wat hulle al ooit gehoor het.
Hulle is baie opgewonde oor dit
wat vir Karlien voorlê en glo
dat sy oor al die kwaliteite
beskik om ‘n superster te word.
Hiervan is hulle oortuig.
Johan Vorster Songs het Karlien
as kunstenaar oorgeneem en saam
met Karlien 5 nuwe liedjies vir
haar geskryf. Haar album het ‘n
heel nuwe ‘look’ gekry en die
nuwe liedjies is ook op “Jakkals
Trou Met Wolf Se Vrou” opgeneem.
Twee videos is ook geskiet van
“Beter as Liefde” en “Jakkals
Trou met Wolf se Vrou”. Karlien
se album is alreeds vir ‘n hele
paar weke onder die Top 5
verkopers op die DKNT ranglys.
Karlien verskyn ook in November
in die nuwe Afrikaanse fliek
Platteland saam met Steve
Hofmeyr, Bok van Blerk, Jay &
Lianie. Sy speel die rol van ‘n
parmantige matriekdogter.
Sy is in 2011 vir 3 Tempo
Toekennings benoem – Beste
Nuweling, Beste Pop Album en
Beste Vroulike Kunstenaar.
Wees op die uitkyk vir Karlien
van Jaarsveld!!!!
NOG NUUS:
DE KAT:
Clover kook saam met die sterre
van ‘Platteland’.
KLIEK HIER