|
Hellooooo almal!!!
Sjoe ekt lanklaas 'n nuusbrief
geskryf so jammer daaroor, maar dit beteken die een kan dalk biki lank wees.. So
hoop jys lus vir lees.. Ek sukkel mos met spoedlees ek vat 'n jaar om een boek
klaar te lees.. En nou dat julle dit van my weet kan ek net sowel met julle deel
dat ek ook nie kan swem nie.. Wel net hondjie swem... Ok dit voel nou of ek
redelik oopgemaak het met julle sommer reg van die begin van die brief af.. So
dit voel soos 'n redelike persoonlike brief.. Maar julle is vir my redelik
belangrik en voel vir my spesiaal... Dankie ook vir almal wat vir my boodskappe
skryf op my gasteboek. Ek waardeer dit rerig.
Dankie julle.... My album het gegaan van GOUD na PLATINUM in 'n kwessie van 3
maande.. Alles te danke aan elkeen van julle wat 'n album gekoop het!!!! So
DANKIE DANKIE DANKIE uit my hart uit!! Ek gaan my beste gee om vir julle nog
beter en beter liedjies en shows te bring.. Met Johan Vorster aan my kant en al
my gesprekke met Jesus oor my musiek, gaan julle nog mooi liedjies hoor glo ek..
Dankie vir julle ondersteuning en liefde.. Sonder dit is mens maar niks.. Dankie
aan elke klein maaitjie van my wat julle mamma en pappas mal maak met JAKKALS
TROU MET WOLF SE VROU, julle klomp is so na aan my hart, julle sing so mooi by
my shows dit maak dat ek wil huil partykeer julle hartjies is so opreg.. Dankie
dat julle so lekker saam sing en vir julle stywe drukkies wanneer julle my sien
ek verruil dit vir niks!! Moenie vinnig probeer groot word nie ek wens so baie
dae ek was weer so klein soos julle met julle skoon hartjies en opregte
bedoelings en dat julle altyd die mooi raaksien.. So speel nog mevrou mevrou
solank as jy kan en meneer en juffrou... Ek het met my barbie gespeel tot in
standerd 6.. (Daar weet julle nog ietsie...) en ek mis dit... Daar stuur nou die
dag 'n tannie met die naam Hazel vir my ma 'n sms en vertel van haar 13 maande
kleinseun wat blind gebore is, en elke keer wanneer hy huil speel hulle my
musiek vir hom dan begin hy lag en sy lyfie wikkel op die ritme.. Hulle het my
liedjies op hulle fone en dan wanneer hy moeilik raak speel hulle die liedjies
vir hom dan druk hy die foon teen sy gesiggie vas.. My hart was so seer toe ek
dit lees ek het lekker gehuil.. Dis so spesiaal om dit te kan hoor... En as my
musiek net vir een klein babatjie dit moes beteken het voel dit vir my alles die
moeite werd, voel dit regtig vir my of God my gebruik.. En daar is niks wat ek
meer wil he nie.. Dankie vir sulke boodskappe julle het absoluut geen idee wat
dit vir my beteken nie... GOD IS GOED!!!
Julle het seker almal gesien hoe mooi lyk Angelique Gerber (Clara, boer soek
'n vrou) en Ben-G op Huisgenoot se voorblad? O jammer Angelique van Niekerk
nou!!! Dit was sooo 'n mooi troue!!! Gretha Widd het hulle getrou tussen wyn
wingerde op die mooiste dag.. Ek het vir hulle gesing en belangrikste van als
was God se tasbare teenwoordigheid op hulle mooi dag.. Gretha het 'n
ongelooflike boodskap gehad op haar hart wat my nou nog by bly en nog vir lank
sal.. Ben-G en Angie het die mooiste vows vir mekaar gelees wat almal in trane
gehad het.. En die mooiste vir my van alles was toe Angie se mamma saam met haar
geloop het en vir Ben-G gegee het.. Dit was regtig so spesiaal... En Angie was
die mooiste bruid.. Ek dink Derick raak aan die sweet as hy hoor hoe ek van die
troue praat.. Ag wat elke meisie droom seker maar oor daai spesiale dag.. Ek wou
maar net ietsie daaroor ook met julle deel... En raai wie was ook by die troue...?
Sion.... My boetie se gesig toe hy vir die eerste keer met hom in sy arms
uitstap... Rooi gehuil.. Anna kom uit met die mooiste glimlag wat ek al ooit
op haar gesig gesien het... En Sion... Die mees perfekste dingetjie, so reg uit
God se volmaakte hande in hulle sin ingegee.. Ek was so opgewonde dit het gevoel
soos 'n verjaarsdag van toe ek 4 jaar oud was. Ekt nog nooit so iets in my lewe
gesien nie.. Iets so klein, iets so perfek, 'n wonderwerk reg voor my oe..
Laaste wat ek vir Anna gesien het was sy met 'n groot pens in, mens sou se
daar's 'n moontlikheid dat sy dalk 'n klein olifantjie kan baar.. Maar toe kom
daar 'n klein mensie uit, wat sy gesiggie nes 'n oupatjie sin kan trek...En sy
en my boetie het uitgekom 'n mamma en pappa, 'n gesinnetjie... Die werklikheid
tref jou eers wanneer hy hier is.. 'n lewendige klein mensie wat uit 'n maag
uitkom? Hoe fantasties? Dis AMAZING!!!! Sion was 'n charmer van dag een af.. Die
baba girls het lekker gehuil toe hy na sy derde dag in die hospitaal moes
huistoe gaan... Hyt net sy pa se nommer uitgedeel en is met 'n groot smile
huistoe... Die eerste ontmoeting met sy ouerhuis... Baboo en Bella, my en
Annatjie en Bobby se honde was so nuuskierig toe die klein seuntjie by die huis
kom.. Hulle wou dadelik vriende maak maar het vinnig besef Sion is nie in hulle
vriende klas nie... Hy drink nie uit 'n bak nie en hoef nie buite te gan piepie
nie... Ek kan sien hulle dink Sion word voorgetrek, so hulle probeer hom elke
keer alleen kry om die situasie te bespreek.. Sion smile maar net vir die twee
wolhaar brakkies en drink aan sy mamma.. Eks seker hulle sal wel iewers in die
toekoms vriende raak...
Ek sit op die oomblik in London, ek kuier by my kerel, Derick.. Dis
nogals koud hier.. Mag almal die vakansie tyd ongelooflik geniet en lekker eet...
Jy kan Januarie weer met jou dieet begin.... En moet nooit kwaad gaan slaap nie...
Ons besigste tyd le nou voor ons, ek doen my EERSTE TOER NOU VAN DIE 9DE
DESEMBER AF SAAM BOBBY!!! Ek sien vreeslik uit ek hoop ek sien julle daar!! En o
ja!!! Voor ek vergeet ons het vir Rihanna hier in London gaan kyk! Regtig sooo
cool gewees!! Dis net anders... Die beligting, die klank, die duisende mense..
Alles. Ek sal fotos op my facebook page sit een of ander tyd dan kan julle sien...
Dit was regtig iets om te beleef! En o ja!!! Derick het Taylor Swift se DVD vir
my gekoop van haar wereld toer, absoluut die moeite werd!!!! Dis ongelooflk goed!!!
Ok, ek het ook vir julle ‘n lekker kompetisie.... 10 van julle kan elkeen ‘n
geskenkpakkie wen met ‘n waarde van R500. Ek gaan nie vir julle sę wat daarin is
nie – julle sal sien as julle dit kry! Die kompetisie sluit Vrydag die 9de
Desember. Die vraag is: Noem 3 plekke waar ek en my boetie in Desember sing.
Email net jou antwoord na
nien@insight.za.com As jy een van die wenners is
sal ons jou laat weet met ‘n email.
Ok julle ek gaan nou groet... Dankie vir die tydjies wat ons kon saam spandeer
het en nog gaan.. Mag jy 'n mooi dag vol liefde beleef en liefde gee.. En mag jy
jou skeppingsdoel in Christus uitleef want alles wat ons hier sien kom tot niks...
Soos Prediker se.. Dis net 'n gejaag na wind... Al wat sal bly vir altyd is jou
verhouding met Jesus...
Baie liefde en dankbaarheid!!!!
Karlien
XXX
|