Sluit aan by my!
Wees eerste om te weet as ek iets het om te deel! Sluit hier aan by my nuusbrief:

Naam:

Email:

 
Luister
---------------------------------------
Beter as Liefde:
Sweet Dreams:
   
In die Pers
---------------------------------------

MAART 2011
KARLIEN VAN JAARSVELD - JAKKALS TROU MET WOLF SE VROU

“Jakkals trou met wolf se vrou” gaan sorg dat Karlien Van Jaarsveld die Afrikaanse mark verder betower. Met vyf splinternuwe treffers is die album beslis ‘n sukses storie wat wag om te gebeur..

Die album bestaan uit agtien snitte waarvan sestien oorspronklik is . Dit is popmusiek op sy suiwerste met polsende klanke en sielvolle ballades en Karlien se sterk stem wat bydra tot die uitstekende eindproduk.

Beter as liefde en Jakkals trou met wolf se vrou is twee reuse treffers albei uit die pen van Johan Vorster. Die titelsnit is ‘n metafoor binne ‘n metafoor van die onverwagse draai wat die liefdespad kan loop. Beter as liefde is die eerste enkelsnit en weerspieël die geduld en passie van die hart en dien as bewys dat niks beter is as die liefde nie.

Verskeie van die liedjies kom uit Karlien se eie pen, wat insluit Daar’s ‘n Storm, Feëverhaal, Sonder Jou en Van Jaarsveldhartedief. Hiermee bewys Karlien dat sy nie net ‘n mooi gesig is nie maar ook ‘n talentvolle sangeres en liedjieskrywer

Karlien se droom vir die album is dat die musiek mense positief sal aanraak. ``Enigiets wat Johan aanpak is `n sukses en ek glo natuurlik dit gaan weer die geval wees.“

Daar het twee musiekregisseurs op die album gewerk. Juan ``Floors“ Oosthuizen was verantwoordelik vir die ballades en Robin Kielly was weer aan die stuur van die dansliedjies. ``Beide meesters in wat hulle doen en ek is baie tevrede met die eindproduk,“ sê Karlien.

Karlien maak ook later vanjaar haar debuut as aktrise in die musiekrolprent, Platteland. Twee van haar album se liedjies, Sweet Dreams en As die Gordyn Val, gaan op ‘n vars manier gehoor word in die fliek.

Met haar sagte hart en opgeruimde geaardheid gaan Karlien van Jaarsveld nog derduisende mense se harte verower!

  DE KAT:
Clover kook saam met die sterre van ‘Platteland’.
KLIEK HIER

KARLIEN se JUKEBOX Lag Blaps!!!!
Click hieronder…………
http://www.youtube.com/watch?v=LNMneSSwCSI

 Karlien word geborg deur:

 Karlien se hare word versorg deur:
Thomas Jewell Hairdressing
 Thomas Jewell Hairdressing
 Shop no 5, Groenkloof Plaza,
 
George Storrar Drive,Groenkloof

 Tel: 012 346 4148/9.
 
Stabiles