Karlien van Jaarsveld Nuus http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php Karlien van Jaarsveld Nuus en-us Nuusbrief Nr 2, 2013 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=11 Hello vriende!!!!

Net toe julle dink julle gaan niks van my hoor nie............

Om my dag toe nou mee begin, koop ek 'n ding wat lyk soos 'n elektriese tandeborsel. Baie opgewonde om by die huis te kom en my tande sommer in styl te skrop, maak ek die toestel oop, net om te sien die ding spyt met 'n krag water tussen jou tanne in en jy moet hom charge vir ure, met water opvul in 'n houer wat so onprakties as moontlik kan wees vir iemand wat baie op die pad is en moet tasse pak, en dan spyt jy nou vir tandjies skoon. Ek wou regtig iets oorkom toe ek sien die ding is meer gevorderd as die appel en die elektriese tandeborsel in een, en ek moet die boekie omtrent opsom net om te weet hoe om hom elke keer te kan gebruik. Dis nou maar net iets random wat ek wou deel waar ek nou op my bed lê en vir julle skryf en die ding bly my in die gesig staar. Verder gaan dit eintlik baie goed! Ek was vanoggend by bybelskool gewees en ek kan nie eers begin beskryf hoe amazing dit is om iets te begin verstaan van wat in die Woord staan nie, om te sien hoe ver God se gedagtes bo ons sin is, en Hy wil so graag net hê ons elkeen moet 'n verstaan kry van wie Hy is, nie net van wat Hy als vir mens kan doen nie. Hy is die lewe in my, Hy is die krag in my, hy is die plek van waaruit ek moet reageer in enige situasie, want Hy is in vandag en Hy wil hê jy moet vandag nie jou hart verhard wanneer jy Sy stem hoor nie. Hy wil hê ons moet elke dag Hom hoor en gehoorsaam. Nie môre nie, vandag.

UITKLOPHOU!!!!!!

Ek werk nou al lank aan die nuwe album. Ek kan nie wag dat julle dit ook kan hoor nie!! Daar is 'n verrassing op die album... Die een is, ek het 'n liedjie vir my broer geskryf en hy het dit as 'n duet saam my opgeneem!!!! Dit was baie spesiaal vir my. En die ander verrassing is in die liedjie UITKLOPHOU.. Ek doen dit saam iemand of 'iemande'... Eks MAL oor die liedjie!!! Die tyd in die studio is lank en hard partydae, maar so die moeitewerd, veral as ek julle op die ou end van die dag die liedjies sien woord vir woord saamsing by shows! Dis die lekkerste van alles!! Dankie vir dit julle!!!!

Die eerste musiekvideo wat ons geskiet is, is van die liedjie HANDE.. Ons het 17 ure ver van Pretoria af gaan skiet op soutpanne in Verneukpan!!!!! Weirdste naam vir 'n plek ooit ek kon nie verstaan dat enige plek so naam het nie? Toe ek daar kom toe besef ek hier gaan jy ver loop om iemand te verneuk tensy jy hom verneuk met 'n skaap op 'n boom in die area.. Daar is NIKS!!!!!! Kilometer van NIKS!!!! Maar mooi. Ongelooflik mooi. Die mooiste sonsopkoms en sonsondergang kry jy by verneukpan. Die minste elektrisiteit kry jy op Verneukpan. Die meeste enkel hoë bossies kry jy op Verneukpan. Die minste maar die geselserigste mense is daar te vinde. En honde.. Daar is baie honde. Ons was 4 dae daar, en as jy soentoe gaan pak jy 'n tas met letterlik alles in want jy gaan niks daar kry nie! Die naaste dorp aan Verneukpan, is Upington en dis 4 ure weg op 'n grondpad.. So jy wil nie iets vergeet nie. Ons was vroeg oggende op om die sonopkoms te vang, dan hoop jy daar is krag wat die wind of die som van gister nog oorgelos het, en as daar niks is nie, skyn jy die kar se ligte op jou dat die mense hare en make-up kan doen met 'n generater.. Stort in die aande was nie 'n grap nie, jy doen alles wat nodig is sonder water, smeer die lyf sommer klaar seep was die gesig in die wasbak, dan spring jy 2 sekondes in die stort vir afspoel met warm water, dat die ander tien mense saam jou op die shoot ook hulle 2 sekondes van warm water kan beleef.. Hemels op daai stadium.. Daar leer jy van dankbaarheid en nog meer dankbaarheid, wat my nou laat sleg voel oor daai waterwerkende tandeborsel waaroor ek so moan.. Oops, klink of weer kan doen met 'n wekie in Verneukpan... O ja net 'n laaste dink oor Verneukpan.. Die naam is afkomstig van dat jy sukkel om jou rigting op die pan te kry, al het jy 'n baken neergesit en jy dink jy weet in watter rigting om te gaan en waar die son gister opgekom het en waar hy gaan sak het.. Daai pan verneuk jou sonder enige hoek of draai.. Ons kon nie kophou nie.. Dit was interresant! Een van die dae sal julle die video sien en dan weet julle biki van 'behind the scenes..'

Trou is nie perde koop nie girls!!

Jou droomdag, jou droomman, maanskyn en rose, alles so mooi uitbeplan.. Lekker feesgevier en dan honeymoon en dan : WERKLIKHEID. Jy kan nie meer weghardloop nie. Jy kan nie meer doen soos net jy wil nie. Jy baklei maar skree maar word maar kwaad, en vergewe dan maar weer en weer en weer en weer en weer.. Jy gaan deur jou rofste tye maar ook jou beste tye in 'n huwelik en ek is nou maar eers 3 maande getroud..?!! Jy groei maar hare op jou tande en laat die gees van God oorneem, want jy besef vinnig op jou eie gaan jy hierdie ding nie maak nie.. Ek is geseën met 'n wonderlike man waarvoor ek die Here elke dag prys, maar sjoe hy het die vermoë om vir my op te werk dat my moermeter rooier as rooi hardloop.. Maar so leer jy elke dag meer om die persoon nie te probeer verander nie, maar spasie te gee sodat hy kan wees wie God hom gemaak het om te wees dat hy ook tot die volle grote in Christus kan groei sonder dat ek in meng en dit probeer verander op wat ek verlief geraak het. En dan as daar goed is wat baie pla bid jy daaroor en God kom verander dit, dis om vertroue in God te hê en Sy vermoë om dinge uit te sorteer wat nie van Hom af is nie. Ons is almal op ons eie pad in ons snoeiproses om op die ou einde dit te word wat God oor ons gedroom het voor die voorlegging van die Wêreld. En die goeie nuus is dat God sê die goeie werk wat Hy in jou begin het sal Hy volbring! Nie jy nie! Want jy kan nie! Hy kan en Hy sal!

Ek wil julle net so biki van Justin Bieber ook vertel. Julle ek was in daai golden circle, en al wat ek weet is daai meisies pass nie uit omdat hulle nie kan glo wie hulle voor hulle sien nie, hulle druk mekaar so dat jy later nie meer asem kry nie, en niemand gee 'n tree terug nie, elkeen glo as Justin Bieber jou sien is jou kop deur en hy gaan verlief raak, eerste oog op slag, so jy gee nie jou plekkie van 2 by 2 cm op nie al kry jy nie asem nie, en dis hoekom die girls flou val, maar jy hou eerder uit en hoop jy word nie flou nie. ek het toe vinnig besluit dis nie iets waarin ek my wil bevind nie, en hy en Selena sal tien teen een weer bymekaar kom en ek moet onthou eks nog getroud ook, toe gee ek maar my plekkie op en gaan staan agter.. Maar die show was AMAZING!!!!!! Was so great om dit te kon sien! En ek kan defnitief verstaan dat al wat 'n meisie is verlief is op hom! Hy't tot sy hemp uitgetrek.. Hy's nou nie Derick sonder 'n hemp nie, maar jy kan sien hy kom in die gym.. Te oulik. Eks 'n baie groot fan van hom hoor!!!

Ok julle ons is biki in die Pilanesberg Private Lodge! Al amper die hele groot 5 gesien, dis darem so amazing om die diere van so naby te sien. Ek gaan nou biki by my man gaan sit en gesels.. Dankie vir julle liefde en omgee, julle beteken baie vir my!!!!


Mooi dag!
Al my liefde

KVJ XXX

]]>
Tue, 04 Jun 2013 09:36:57 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=11
Nuusbrief Nr.1, 2013 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=10 Dis 2 uur in die oggend.. Eks in Parys op stel vir die shoot van AS JY SING, ons nuwe fliek wat uitkom in November die jaar... Almal begin giggel vir als, wat deur die dag soos in glad nie snaaks sal wees nie #oormoeg, die crew hardloop mekaar deurmekaar met alles wat op stel moet gebeur, almal oefen lyne en danse en ek lê op 4 stoele langs mekaar gepak, naby aan uitpaas, maar ek moet wakker bly vir 'n scene saam Bobs (Bobby). Ek en my broer moet vir die eerste keer teenoor mekaar in 'n fliek speel (vir die wat al klaar weird begin dink, dis niks romanties nie, dit sal met weird wees #incest) so met daai tussen hakkies gedoen.. Kan ek nogsteeds nie ons rolle weggee of wat ons doen nie, maar een ding kan ek sê, ons lag baieeeeee vir mekaar en hy bly mar weird vir my.. Girls iets om na uit sien die man lyk nogals soos Brad Pitt oppi tv hoor.. Julle ganit like. En daar gaan my fantasy oor Brad Pitt by die venster uit... In 'n manier dink ek ons acting teenoor mekaar gaan alles meer eerlik wees, want ons ken mekaar al helemal te lank, so dis 'n goeie ding.. (Dink ek?) Kyk, parys is WARM!! maar mooi! Oulike dorpie met oulike mense.. Die tannies hier is almal vriendelik en maak blerrie lekke kos..! Ek en Franja Du Plessis deel 'n kamer hier in warm mooi Parys. (Vir die wat nie weet nie, Franja is Juanita Du plessis se dogter) sy is PRAGTIG!!!! haar mamma se ewebeeld, en die talent loop hoog daar! Julle gaan nog baie van haar sien..!!! Daar is soos 20 spinnekoppe in ons kamer, ekt nou al vriende gemaak want jy kani wen nie. #doom ai waar is spiderman as jy hom nodig het? Bok is ook hier maar hy lyk vir my maar self bang vir die spinnekoppe, so dit help nie. (hy dra selfs make-up vir die movie) hier is tot paramedics op die stel en glo my dit was al baie nodig, daar was al steke, inspuitings, maagvirusse (laasgenoemde kan nogals 'n shoot ophou as al die akteurs HEELTYD moet toilet toe) by steke en hospitaal aande.. Ok mar genoeg oor die fliek julle sal maar moet wag en sien!! Dink julle gaan dit LOVE!!!!

Julle!!!!!!! Ek trou oor soos 'n maand!!!!!! Ek kani glo nie!! Wat beteken ek kan dalk soos oor 2 maande swanger wees as die Here ons seën!!!! Wel ons gaan moet begin met 'n tweeling om by my broer hulle op te vang en teen daai tyd is hulle dalk weer swanger.. Met daai twee weet mens nooit nie. As ek hoor Annatjie is naar koop ek al doeke. Al die reëlings is al in plek nog net die blomme wat moet uitgesorteer word en die kos! Maar ek moet sê eks nou al oor die reëlings, ek wil nou net hê die dag moet kom, my rok moet mooi lyk en my Derick moet vir my staan en wag... Ag ek sien uit nou hoor!!!! Een van die dae Mev Hougaard. Ons trou in Stellenbosch tussen die wynlande.. Kan nie wag nie!!!!!! Sal vir julle foto's wys na die tyd.. Die honeymoon is 'n verrasing.. Maar dink dit gaan iewers koud wees.. Dalk skee..? Ek weet nog nie? Maar ek sien uit!!!!!! Sou net ons honde wou saamvat maar hoor hulle moet by die huis bly.... Lukas staan nogsteeds soos 5cm hoog en Juliette groei BY DIE DAG!!!! Dis 'n groot meisie.. En sy raak honger en baie dors.. Hulle sal seker by hulle ouma gaan bly in daai tyd (Ronel Brink) en wanneer ek hulle terug kry sal die twee buite piepie en heelwat meer maniere hê (né ma?) Derick wou hê ons moes in piketberg skousaal trou maar daai idee het dit nie gemaak nie.. Iets in my is bly.. #randomfact

Hier roep hulle my om te gaan shoot!!!!! Ok praat nou nou weer.. Hierdie is die scene waar ek en oops ek mag nog niks sê nie.. Ok sien nou weer..

Eks terug!!!!!! Daai was baie cool maar baie lank!!! Dis nou al 4 uur!! My oë brand al en die yskas met die red bulls in is toegesluit (ek weet dis in elk geval sleg vir mens maar sê maar net). Ok waar was ons?

Troue!!! Ek en Derick leer baie van mekaar elke dag, ons baklei ook en maak ook op en stamp ook kop en vergewe weer.. Maar hy IS die man vir my! Die een uit wie se sy ek gemaak is! Ek kan 'n lewe sonder hom lei maar dit sal nie 'n vol lewe wees nie, ek sal nie my volle potensiaal as maaksel van Vader kan word nie.. Hys 'n wonderlike mens, met 'n wonderlike hart wat my altyd eerste sit net na God. Hy's my anker en my sagter kant. Hy's 'n man wat my hart, wat so ver gebêre is in Jesus, gaan soek het en dit daar gekry het. Hy weet wie ek is omdat God hom daarvan wys maak, nie ek nie. En ja meisies, daai mans is nog daar buite, hou moed!!!

My nuwe album!!!!!!! Kom uit in April!! Ek het al so 6 songs opgeneem en ek LOVE dit!!! Ek hoop julle gaan ook!! Ek sal maar moet wag en sien.. Dankie dat julle so goed is vir my en my so lief het en ondersteun!! Julle maak elke laat uur, elke hart deel, elke show en nuwe cd die moeite werd. Ek lief julle baieeeeeeeeeeee!!!! Dankie dankie dankie uit my hart!!!!!!!!!!!!!!!!!!! ❤❤

Sjoe dit laat my dink ons gaan vinnig 'n musiek video moet inwerk voor die pens groei... Just saying...

Julle ek wil net sê.. Parys kan koud ook word.. Die tyd van die nag is die weer anders.. (4:15)

Ek mis nogals baie vir Derick vanaand.. Hy's saam die onder 21 bulle op een of ander kamp.. Die klomp stook mekaar lekker op vir die jaar se games.. Die manne is erg oor daai ovaal bal.. Maar lyk of hy dit baie geniet, dis net erg want ek kan sien hoe verlang hy na die game self en hy het nog baie speel in hom oor as sy voet net 100% wil genees.. Maar God se wil, nie ons sin nie.. Ek wil net hê hy moet eendag kan rondhardloop en bal skop saam ons kinders, dis baie belangriker as nog 'n game op loftus.. Hy gaan ons gesin se hero wees vir altyd.

Sjoe julle familie is belangrik.. Ek besef dit vanaand weer.. Vergewe eerder as om te haat, ons ken nie tyd en hoelank ons daarvan het nie. Ek weet dit klink al cliché, maar dink daaroor.. Dood is die finaalste ding wat daar is.. No turning back, geen jammer sê, of eks lief vir jou, of eks kwaad vir jou maar ek vergewe jou nie, dis klaar.. Liefde is alles. Ek sê nou die dag vir Derick, ek wonder of ons regtig verstaan wat die liefde is? Want God is liefde.. Die liefde is NIE JALOERS NIE, IS NIE AFGUNSTIG NIE, IS GEDULDIG... Ons sê so maklik ons is lief vir mekaar maar is ons al daai goed? Ek bid dat God ons elkeen sal kom leer van ware liefde, dat ons 'n verstaan daarvan sal kry en regtig ten volle sal kan lief hê. Ek dink dis 'n groot sleutel, wel, ek dink dis DIE sleutel tot lewe tot God tot vryheid tot vergifnis tot mekaar sien soos God ons sien tot geen veroordeeling. Al wat ek weet is ek het nog baie om te leer. Nog blerrie baie. En nog 'n lang pad om te stap. Maar alles moet iewers begin, en ek dink 'n belangrike begin punt om te begryp is dat JESUS DIE LEWE DEUR JOU LEWE AS JY! Jy hoef en kan niks doen om dit te verkry nie. Jy moet net in Hom wees en Hy in jou, wat gebeur wanneer jy tot redding kom en gedoop word met water en deur die Gees. Alles staan in die bybel. Waaroor wonder ons? Alles is daar. Ons hoef nie te wag vir die dominee om ons iets te vertel nie, God wil ons self vertel, ons moet net luister en intimiteit met Hom hê, ek belowe jou, Hy't 'n paar interessante dinge om te deel wat jy nog nie by iemand anders gehoor het nie. 'N nuwe openbaring wat Hy aan jou wil openbaar wat jy weer in die liggaam kan deel, en so leer ons saam meer en meer.. God is soooooo AMAZING!!!! Ai... Ek love Hom net!

Ok julle, ek moet nou 'n laaste shoot gaan doen.. Dankie vir jou tyd.. En liefde.. Sien jou iewers die jaar hopelik.. o ja HAPPY NEW YEAR! Ek hoop jyt 'n mooi dag verder en dat jy iewers vandag, of vir Vader sal hoor of sal sien.

Al my liefde

Karlien xxxxxxx

]]>
Wed, 30 Jan 2013 07:52:39 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=10
Nuusbrief Nr.3, 2012 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=9 Môre, middag, naand, sambonani, sawubona... ( ok die laaste twee is ek nie seker of dit 'n groet is of hoe om dit te spel nie, maar ek groet almal wat die nuusbrief lees, watse tyd van die dag ookal)...

Kom ek begin met die slegte nuus... Nooit lekker nie maar wil dit uit die pad kry dat ons kan aangaan en praat oor die lekker dinge... 2 honde in 5 maande... Dood. Dis erg. Baboo en Moomin. Baboo met nierversaking, en moomin, 'n klein Yorkie wat by my bediende (my vriendin.. Ons is baie close) die aand gebly het en verstik het aan 'n hondepilletjie.. Syt nie geweet wat om te doen nie.. Sy het geloop met die dooie dingtjie na die diere hospitaal maar dit was 'n vakansie dag so alles was toe.. Katrientjie het vir 'n week aaneen gehuil. My hart was aanvangklik so seer oor moomin dat ek nie besef het waardeur Katrientjie gaan tot ek by die huis gekom het nie. Julle verstaan nie, dit het my gebreek om haar so te sien toe huil ek eers!! Want dit was nie haar skuld nie syt als gedoen wat sy gedink het sou werk.. Em toe sy ogies omdop toe dink sy hy kry koud toe hou sy hom warm die res van die aand.. Maar dis natuurlik waar hy sy laaste asempie uitgeblaas het. My hart was lanklaas so seer, dit was soos my babatjie.. Maar raai wat!!!?? Ek het nog ene gekry wat Derick vir my gekoop het (met 'n baie lang gesig), hy wil nie my weer so hartseer sien nie so toe is dit vir hom moeilik om weer een vir my te koop maar hy weet ek kan nie sonder diere nie!! Dis my maatjies!!! Die nuwe Yorkie se naam is Lukas.. ek weet almal sê dis nie 'n mooi naam nie en lag vir my so nou noem ons die klein baba Luka.. Hy's baie oulik, lyk nes moomoo maar hy's biki meer bles.. Sal maar vir hom Nioxin moet kry dat sy hare kan groei... Nee ek grap net hys mooi nes hy is!! Te flippen pragtig!

En daar stap ek op die verhoog met die Tempo toekennings, waar ek aangewys word as beste vroulike kunstenaar van die jaar en eks SO GESKOK, dat ek dié SLEGSTE speech van my lewe maak!! Ai. Hoe draai ek nou daai oomblik terug en hanteer dit beter..? Ek kan nie so ek leer maar daaruit. Ek voel sleg want dit is 'n toekenning wat God aan my wou gee en dis asof ek dit amper terug gegooi het in Sy gesig deur te dink dat ek dit nie verdien nie. Ek is sooooo dankbaar aan elke liewe een van julle wat vir my gaan stem het en so in my glo dat julle daai stemme deurstuur al kos dit julle wat. Julle maak my glo in myself. Julle is vir my ook 'n voorbeeld en inspirasie. DANKIE DANKIE DANKIE!! Dankie dat julle my lief het en my laat sien dat hierdie wel my roeping is. Ekt julle ook lief. En ekt ongelooflike waardering van elkeen van julle. my toekennings staan mooi hier in my kaste agter sulke glas. Dis 'n wonderlike voorreg. Maar op daardie noot, moet ons ALTYD besef dat ALLES OOR GOD GAAN, en nie oor my nie, Hy sit my daar vir 'n rede en ek moet aan Hom gehoorsaam wees anders mis ek die hele punt as ek begin dink dit gaan oor my en omdat ek goed is. Ek is en sal NOOIT iets wees sonder God nie.

Laat ek vir julle een ding belowe, stemrus is nie lekker nie. Dis stille nag orals in die huis en waar ek gaan. Ek het met gepraat wanneer ek regtig moes. Een ding is verseker, eks bitter bly my stem is terug en dat Jesus my so genees het. Regtig 'n wonderwerk vir my hoe getrou Vader is as jy REGTIG begin leer wat dit is om op Hom te begin vertrou.. En glo my ek het vir lank geglo ek vertrou op God maar Hy't my defnitief kom leer wat dit is om regtig totaal en al op Hom te vertrou! My stem was ooreis en God wou my laat rus en weer op 'n plek kom waar ek dinge in perspektief kon sien, dit gaan nie oor my nie, maak nie saak hoeveel ek ooit opgehemel word op die aarde nie, ALLES GAAN OOR GOD!!! Hy gee my net 'n platvorm waar Sy stem deur my gehoor kan word, eks slegs Sy instrument. Daarom moet ek seker maak dat ek altyd Sy stem kan hoor dat ek nie uit myself sal praat nie maar vanuit my posisie in Christus. Ek is slegs hier om dit uit te leef waarvoor God my op aarde gesit het. En as God op enige stadium besluit dat die deel van my roeping verby is en ek moet aangaan met my journey in iets anders, moet ek daarin kan rus vind omdat ek Hom werklik vertrou en omdat dit nie oor my gaan nie! So die stemrus het my goed gedoen in elke opsig. Ek wil vir julle sê ongelooflik baie dankie vir julle liefde en gebede vir my, dis so groot voorreg, dit beteken vir my ongelooflik baie. Ons moet vir mekaar bid.

Ek wil julle los met hierdie gedagte..

Jesus het elke dag mense offend deur goed wat Hy gesê het, omdat Hy die waarheid gepraat het. Hy't nooit vasgevang geraak in mense en menslike sienings en reëls nie. Hy't nooit gedoen wat die kerk of 'n voorloper van 'n gemeente vir Hom gesê het om te doen nie. Hy het slegs gedoen en gesê wat God met Hom gedeel het. En so baie mense het die waarheid en die Messias gemis omdat hulle aan reëls en voorgeslagte se vereistes vasgehou het. Hulle wou aanvaarbaar wees en inpas by die gemeenskap, terwyl Jesus Homself op 30 laat doop het, by tollenaars gaan eet het, met prostitute gepraat het, en met gewone mense sonder grade of aansien, sy vriende en volgelinge gemaak het. Hoe volg ons reëls en dinge omdat dit deur geslagte tradisie geword het, maar nie in die Woord van God gevind word nie, dan los ons Jesus agter en volg mense?

Liefde vir julle

Karlien

]]>
Tue, 28 Aug 2012 08:48:09 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=9
Nuusbrief Nr.2, 2012 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=8 Hi hi hi hi hi!!
 
Ek het lanklaas geskryf.. Die laaste ruk was erg besig, soveel dinge gebeur!! Ek sit op die bank by my broer se huis en kyk Enews (oorsese celebrity nuus.. Dis seker eintlik weird dat dit so interresant kan wees?) En Bella my broer en Annatjie se hond lê styf teen my en wag vir haar volgende bord kos. Ek het NOG nooooooit 'n hond gesien met so 'n onstilbare honger nie. En Bella het 'n paar vereistes... 1. Sy eet net mens kos, nie pille nie, daarom noem ek haar eintlik Bella Balisimo wat beteken Italiaanse pasta vreetende brakkie. 2. Sy reageer nie op haar naam nie. 3. Sy weet hoe om die cat door te gebruik, so as die kos wat jy vir haar gee nie na haar smaak is nie, maak sy 'n escape deur die cat door tot by die clubhuis tannie waar sy by haar heater lê en take-aways eet... Nie die maklikste hond om op te pas nie... En ja ek is die een wat by die huis moes bly en honde oppas terwyl die res van my familie in Isreal is. O ja en, 4. Bella byt my die HELE dag. Ok genoeg oor haar, eks seker julle kan agterkom sy maak op die stadium 'n groot deel van my lewe uit...
 
 Ek is vandag al vir die 2de dag op 'n stemrus... Wat beteken ek mag NIKS praat nie, nie eers ja of nee se of fluister nie. Ek belowe dis een van die moeilikste goed wat ek in my hele lewe al moes doen! En dis baie akward om mense te sien en jy kan nie eers hello se nie, jy 'smile en wave' letterlik.. So ek probeer maar by die huis bly in die tyd. My stembande is geswel so ek doen nou allerhande goed om beter te word.. Ek sien Derick leer darem vinnig my vingertaal aan, hys heel oraait, en hy kan nogals genoeg praat vir altwee van ons. Hy kom mos van Piketberg af, en as daar een ding van Piketberg mense is, is dit 'n gepraat, hulle sal die bobbejaan en sy voorvaders agter die berg gaan haal, jy sal alles weet. As jy hoor hulle wil net gou kom hello se, maak jy jou maar reg vir 'n 5 ure gesels sessie. Maar moet se ek geniet hulle baie!!!! O ja en hulle brei (nie Derick nie, sy ma'le) so ek lag baie en sukkel partykeer om alles te verstaan, maar die beste mense wat ek ken!!!!
 
 So van Derick en sy ouers gepraat... Ek en hy gaan trou!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Whooooo hooooo! Ek kan nie glo eks al op hierdie punt in my lewe nie! Dit voel of ek nou erg volwasse moet raak maar eks nog kind binne my!! Maar dis exciting! Ek sien SOOOOO baie uit! Ons trou in die Paarl, dis ook waar ek en my broer gebore is, so dis nogals spesiaal vir my, en Derick se sussie bly daar, en sy ouers daar naby. Ek wou altyd by die see trou en toe doen my broer dit, en my ander opsie was in die wynlande.. So dis wat ons gaan doen! Ons gastelys het 300 mense op en elke keer wat ek by 'n geleentheid kom vergeet ek wie ek genooi het dan se ek sommer vir mense wat met my praat oor die troue hulle is ook genooi, en as ek dan na die gastelys kyk dan was hulle nie op nie.... So ja daar is ook nie hoop dat die gastelys gaan kleiner raak nie. Derick se al vir my voor ons iewers heen gaan, onthou my skat ons gastelys is klaar lank... Anel Botha maak my trourok!!!!! Ek sien sooooo baie uit! Sy maak al my rokke en sy doen altyd DIE beste werk! Ek het klaar die rok design... So hys in die maak proses.. Ons troudatum is die 24ste November! En dan honeymoon ons die hele Desember oorsee! Sal julle nog sê waar ons gaan... Ons beplan Dubai en Maldives... En dalk Mosambiek... Sal nog sien! Derick praat net honeymoon en ek net troue.. Daar is so baie mense wat my help met die troureelings dis amazing! Almal is so goed vir ons, ek weet die Here gaan vir ons so 'n geseende dag gee! Huisgenoot sal die exclusive op die troue doen, so julle kan dit later daarin lees as julle wil? As ek julle nie dalk al iewers genooi het nie.. Hehe...
 
 My nuwe album.... Wel ons beplan om hom uit te bring in Oktober... Maar is nog nie seker nie, ons moet eers mooi kyk wat aangaan met my stem en of ek reg is om nou in die studio in te gaan vir die maak van die nuwe album. Ek en Johan Vorster skryf weer! Ons het al so 8 nuwe liedjies vir die album geskryf en ons altwee is ongelooflik opgewonde!!! Ek hoop en glo julle sal die album LOVE wanneer hy kom!!! Dankie vir julle ongelooflike ondersteuning en liefde en opregtheid teenoor my. Ek het julle onvoorwaardelik lief. Dankie dat julle die albums koop en nie write nie! Die cd verkope gaan baie goed en dis alles te dankie aan God en julle! Ek waardeer julle SOOO baie!!!!!!!! Uit my hart!!!!!!! Dankie!!!!!!
 
 Ons het toe die staptog gedoen. Dit was vir my verskriklik om in klein Wiehann Botes se mamma en pappa se gesigte te kyk en vir hulle iets te sê. Want hoe troos jy so iemand wat 'n babatjie vir 8 jaar lank wou hê, en dan een kry en dan word hy op 5maande oud vermoor? Ek kan nie beskryf wat ek in hulle oë gesien het nie, dit was seer. Ek het nie woorde gehad om te sê nie, net jammer. Die stap was goed. Daar was vrede. Niemand was lelik of kwaad nie, en ek glo verseker dat dit 'n verskil maak en dat ons almal meer en meer moet saam staan, maak nie saak watse kleur jy is nie. Dis verkeerd, en bitter hartseer mense wil nie sulke ongeluk vir wit of swart hê nie. Dankie vir julle ondersteuning in hierdie hartseer saak.
 
 Dit was vir my 'n groot skok om uit te vind dat ek deel was van een van die Finesse Inspirasie vroue vir 2012. Dit is 'n ongelooflike groot kompliment!! Ek leer nog so baie van myself en van die lewe, ek val nog baie maar ek wil dit nie wegsteek nie want ek is ook net 'n mens met baie insecurities en baie foute. Ek leer elke dag by Jesus, en Hy is die enigste een wat die reg het om my te judge en Hy doen nie. Dis vir my die amzingste ding om te weet. Ekt altyd gedink ek wil streef om 'n beter mens te wees, 'n mens met minder foute, maar ekt besef ek kry dit nie reg in my eie krag nie. Hoe meer ek leer van Jesus, en wie Hy werklik is, nie dit wat die kerk van Hom vertel nie, en nie dit wat mense of jou ouers van Hom vertel nie, maar dit wie Hy werklik is. Van ek Hom die kans gegee het om Homself deur die Heilige Gees aan my te kom openbaar, leer ek meer van Hom as wat ek al ooit op enige plek in enige stadium van my lewe van Hom geleer het. En dit staan in die Woord dat die Heilige Gees jou teacher moet wees. En glo my Hys die beste van die beste! Daars soveel geheimenisse om uit te vind en soveel meer aan die Woord wat ons nie met die blote oog sien nie, so vra God om jou geestes oë en ore oop te maak dat jy Hom werklik sal hoor en sien! En so sal Hy jou deur Sy krag kom verander en red van jouself. Want die een wat sy eie lewe hou sal sterwe, maar die een wat sy lewe opgee sal dit behou. Lindie Strydom het toe die Inspirasie Vrou titel gewen, en het sy dit verdien!!! Die Here het die ongelooflikste dinge deur haar gesê daai dag toe sy haar speech maak, dit was amazing ek het aan haar lippe gehang, en halfpad deur haar speech toe is ek so spyt dat die hele wereld dit nie kon hoor nie! Dit was amazing, God het die perfekte persoon gekies om te wen, iemand wat nie geworry het of sy wen nie want sy besef dat dit nie oor haar gaan nie maar oor God en wat Hy vir Sy volk wil sê. Sys so pragtig, mens sien regtig Jesus wanneer jy na haar kyk. Ongelooflike Inspirasie Vrou 2012!!
 
 Dan laaste maar nie die minste nie, ek en my broer en my ma was by die Abraham Kriel Kinderhuis.. Ek is beskermvrou vir hulle. Dit was 'n ongelooflike dag. Die kindertjies daar is amazing, hulle leer my soveel van die lewe en dankbaarheid en opregtheid, dis vir my 'n voorreg om hulle te kan ken en deel te kan wees! Ons het lekker saam hulle gebraai en gekuier en ek en Bobby het vir hulle met een van hulle bokskitare met 'n megafoon gesing. Dit was 'n eerste vir ons altwee en dit was so lekker! Die kinders kon al die woorde saamsing, dit was so spesiaal!
 
 Ok julle, ek is nou moeg geskryf, en eks seker julle is al moeg gelees... So ek gaan nou afsluit. Derick is amper by my so dan gaan ons biekie kuier, en iets eet, en niks praat nie.. Ai...
 
 Geseende dag vir julle almal, en baie baie baie lief vir julle! Onthou God beplan vir jou net goeie dinge!
 
 Bye....
 Karlien

]]>
Thu, 05 Jul 2012 08:33:51 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=8
Teen Mag Bloemfontein http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=7

]]>
Mon, 25 Jun 2012 15:21:00 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=7
Nuusbrief NR1, 2012 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=6 Goeie dag julle... (ek het sopas 'n half uur gevat om te dink hoe ek die nuusbrief sal begin.. Maar dink dis die professionele manier om dit te doen..)
 
Ek het gistraand weer die Ghoema Awards op Kyknet gekyk, want die aand wat mens daar is en die toekennings ontvang is alles half 'n blur.. Mens is net so opgewonde en verbaas dat jy amper niks van die aand kan onthou nie. Dit was so 'n mooi geleentheid en ek weet die Ghoemas gaan net groter word!! Maar die belangrikste van die hele aand was dat julle daar was, dat julle ons ondersteun, dat julle vir ons stem en so hard vir ons skree en ons laat onthou hoekom ons so lief is vir dit wat ons doen. Julle voel soos vriende sonder dat julle weet, julle dra ons en maak ons die kunstenaars wat ons is. Dankie daarvoor, uit my hart uit ongelooflik baie dankie vir elkeen van julle, wat hierdie brief lees, wat shows toe kom om na ons liedjies te luister en ons stories te hoor, wat vir ons stem en vir ons tweet, dit is so great van julle!! DANKIE!!!!!!!!!! O ja, en nog iets wat ek wel van die aand onthou by die Ghoemas, is vir Steve... Steve Hofmeyr.. Hyt net so 'n manier om die crowd te laat luister.. En hy's die enigste een wat op die verhoog kan staan en presies sê soos hy oor iets voel en niemand voel offended nie... Ai, hy's darem net great.. Ek sal ook seker altyd een van sy grootste fans wees!!!!! Ek dink met die volgende verkiesing vir president moet hy op een van die plakkate verskyn... 
 
Ek gaan elke Dinsdag na Radio Kansel toe om 'n boodskap op te neem wat God op my hart sit. Dit sal die 4de April begin speel so 4hr die middag se kant, maar ek sal julle elke keer op Twitter van dit remind.. So as jy nog nie op Twitter is nie, komaan volg my!!!!!!!! Dis waar alles gebeur! My Twitter naam is KarlienVanJ so jy kan dit net gaan search en dan kan ons so ook komminukeer.. Dankie vir almal se twitter boodskappe ek lees alles!!!!!! Dankie baie!!!! En asseblief ek wil weet wat julle dink van die radio kansel boodskappe so laat weet my, of op twitter of facebook, op hier op my gasteboek, ek sal so graag julle opinies wil hoor.. 
 
Ons hou binnekort die AFRIKAANS IS GROOT KONSERT 11-13 Oktober, by Moreletta NG kerk.. Die kaartjies gaan beskikbaar wees teen einde April, so hou die pers dop, hierdie gaan 'n grote wees!!! THEUNS JORDAAN, JUANITA DU PLESIS, JAY, BOBBY, ROBBIE WESSELS, LIANIE MAY, STEVE HORMEYR, RIANA NEL, JAK DE PRIESTER, JANNIE MOOLMAN, EN EK!!!! Dit gaan great wees!!! Ons sien baie uit!!! So sien julle daar!! 
 
Ok, maar voor dit hou ek en my broer, Bobby Van Jaarsveld 'n show in Durbanville se barnyard by Willowbridge!!! Ek love barnyard shows, dit voel net soveel meer intiem en nader aan julle by so 'n show mens kan almal se gesigte mooi sien.. O ja wag, ons is Vrydag by KKNK en Saterdag by die Kalahari teater in George. Die twee plekke se nommers is op my en Bobby se websites as julle dalk wil bel om kaartjies te bespreek. So ek hoop julle het al kaartjies, dan sien ons julle daar!!!
 
Julle my cd verkope staan al amper op 60 000!!!!!!! Dankie dankie dankie en nogmaals verskriklik baie dankie!!! Dankie dat julle nie die cd's write waaraan ons so hard werk nie. Ons waardeer dit opreg!! 
 
Julle ken vir Hanna Grobler... Sy was mos my stiefma in platteland.. 'n nare ou vrou gewees.. Maar Hanna is in werklikheid die teenoorgestelde, Hanna se hart is net by chartiy en almal en enige iemand wat swaarkry. Ek en Hanna is groot maats en my hart trek ook altyd met 'n punt na dit wat sy doen, toe het ek besluit om betrokke te raak by Hanna se charity, en nou is ek op Dinsdae 'n kleuterskool juffrou in Elandspoort (Danville). Ek geniet dit sooooooo!!!! Die kindertjies is pragtig, hulle laat my so baie lag en net vergeet van die dinge wat ek dink belangrik is.. Dis 'n wonderlike plek om Jesus se hart te sien en Sy teenwoordigheid te voel. Ek bid dat ons almal ons harte meer sal oopmaak vir dit wat werklik belangrik is want dis sal ons perspektief en fokus biekie skuif.. Dankie vir almal se bydrae tot sulke projekte waar Vader se hart is. Ek het mos self nou tannie geword vir klein Sion, hy lyk soos 'n regte Van Jaarsveld, hys so pragtig, ek is so opgewonde elke keer wat ek hom sien dis asof ek verlief is!!! Ek het nooit gedink ek sal so kan voel oor 'n kind nie. So ek kan ie wag om my eie babas te kan he nie!!!! Maar moenie stres nie ek sal eers wag vir die ring aan die vinger... Sion kom juis nou biekie by my kuier, ek gaan nie jok nie ek stres om alleen saam hom te wees eks bang ek weet nie wat om te doen nie, so ek gaan gou 'n gebedjie opse en dan my ma klere aantrek.. So ons sal weer gesels julle!! Dankie dat julle kom inloer het hier op die website!! Ek waardeer dit!
 
Mag God jou fokus wees dat jy saam met Hom kan regeer, in jou posisie in Christus, want onthou jy het 'n baie spesifieke doel hier op aarde, 'n skeppingsdoel wat God oor jou gespreek het voor die voorlegging van hierdie aarde, en net jy kan in daardie spesifieke roeping opstaan. Net jy kan jou spesifieke plek in die liggaam van Christus wees, en die res van die liggaam kan nie sonder jou funkioneer nie. Jesus is die hoof van die liggaam en ons die liggaam, en so werk ons almal saam om uiteindelik dit te wees wat God se doel was met elkeen van ons. Want ons doel verskil baie keer van dit wat God se doel is. So gaan vra ons Vader wat Sy spesifieke roeping vir jou is.
 
Blessings, en baie liefde vir julle
 
Karlien XXXXXXX
]]>
Mon, 02 Apr 2012 14:54:37 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=6
Nuusbrief NR4, 2011 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=5 7 Desember 2011

Hellooooo almal!!!

Sjoe ekt lanklaas 'n nuusbrief geskryf so jammer daaroor, maar dit beteken die een kan dalk biki lank wees.. So hoop jys lus vir lees.. Ek sukkel mos met spoedlees ek vat 'n jaar om een boek klaar te lees.. En nou dat julle dit van my weet kan ek net sowel met julle deel dat ek ook nie kan swem nie.. Wel net hondjie swem... Ok dit voel nou of ek redelik oopgemaak het met julle sommer reg van die begin van die brief af.. So dit voel soos 'n redelike persoonlike brief.. Maar julle is vir my redelik belangrik en voel vir my spesiaal... Dankie ook vir almal wat vir my boodskappe skryf op my gasteboek. Ek waardeer dit rerig.

Dankie julle.... My album het gegaan van GOUD na PLATINUM in 'n kwessie van 3 maande.. Alles te danke aan elkeen van julle wat 'n album gekoop het!!!! So DANKIE DANKIE DANKIE uit my hart uit!! Ek gaan my beste gee om vir julle nog beter en beter liedjies en shows te bring.. Met Johan Vorster aan my kant en al my gesprekke met Jesus oor my musiek, gaan julle nog mooi liedjies hoor glo ek.. Dankie vir julle ondersteuning en liefde.. Sonder dit is mens maar niks.. Dankie aan elke klein maaitjie van my wat julle mamma en pappas mal maak met JAKKALS TROU MET WOLF SE VROU, julle klomp is so na aan my hart, julle sing so mooi by my shows dit maak dat ek wil huil partykeer julle hartjies is so opreg.. Dankie dat julle so lekker saam sing en vir julle stywe drukkies wanneer julle my sien ek verruil dit vir niks!! Moenie vinnig probeer groot word nie ek wens so baie dae ek was weer so klein soos julle met julle skoon hartjies en opregte bedoelings en dat julle altyd die mooi raaksien.. So speel nog mevrou mevrou solank as jy kan en meneer en juffrou... Ek het met my barbie gespeel tot in standerd 6.. (Daar weet julle nog ietsie...) en ek mis dit... Daar stuur nou die dag 'n tannie met die naam Hazel vir my ma 'n sms en vertel van haar 13 maande kleinseun wat blind gebore is, en elke keer wanneer hy huil speel hulle my musiek vir hom dan begin hy lag en sy lyfie wikkel op die ritme.. Hulle het my liedjies op hulle fone en dan wanneer hy moeilik raak speel hulle die liedjies vir hom dan druk hy die foon teen sy gesiggie vas.. My hart was so seer toe ek dit lees ek het lekker gehuil.. Dis so spesiaal om dit te kan hoor... En as my musiek net vir een klein babatjie dit moes beteken het voel dit vir my alles die moeite werd, voel dit regtig vir my of God my gebruik.. En daar is niks wat ek meer wil he nie.. Dankie vir sulke boodskappe julle het absoluut geen idee wat dit vir my beteken nie... GOD IS GOED!!!

Julle het seker almal gesien hoe mooi lyk Angelique Gerber (Clara, boer soek 'n vrou) en Ben-G op Huisgenoot se voorblad? O jammer Angelique van Niekerk nou!!! Dit was sooo 'n mooi troue!!! Gretha Widd het hulle getrou tussen wyn wingerde op die mooiste dag.. Ek het vir hulle gesing en belangrikste van als was God se tasbare teenwoordigheid op hulle mooi dag.. Gretha het 'n ongelooflike boodskap gehad op haar hart wat my nou nog by bly en nog vir lank sal.. Ben-G en Angie het die mooiste vows vir mekaar gelees wat almal in trane gehad het.. En die mooiste vir my van alles was toe Angie se mamma saam met haar geloop het en vir Ben-G gegee het.. Dit was regtig so spesiaal... En Angie was die mooiste bruid.. Ek dink Derick raak aan die sweet as hy hoor hoe ek van die troue praat.. Ag wat elke meisie droom seker maar oor daai spesiale dag.. Ek wou maar net ietsie daaroor ook met julle deel... En raai wie was ook by die troue...?

Sion.... My boetie se gesig toe hy vir die eerste keer met hom in sy arms uitstap... Rooi gehuil.. Anna kom uit met die mooiste glimlag wat ek al ooit op haar gesig gesien het... En Sion... Die mees perfekste dingetjie, so reg uit God se volmaakte hande in hulle sin ingegee.. Ek was so opgewonde dit het gevoel soos 'n verjaarsdag van toe ek 4 jaar oud was. Ekt nog nooit so iets in my lewe gesien nie.. Iets so klein, iets so perfek, 'n wonderwerk reg voor my oe.. Laaste wat ek vir Anna gesien het was sy met 'n groot pens in, mens sou se daar's 'n moontlikheid dat sy dalk 'n klein olifantjie kan baar.. Maar toe kom daar 'n klein mensie uit, wat sy gesiggie nes 'n oupatjie sin kan trek...En sy en my boetie het uitgekom 'n mamma en pappa, 'n gesinnetjie... Die werklikheid tref jou eers wanneer hy hier is.. 'n lewendige klein mensie wat uit 'n maag uitkom? Hoe fantasties? Dis AMAZING!!!! Sion was 'n charmer van dag een af.. Die baba girls het lekker gehuil toe hy na sy derde dag in die hospitaal moes huistoe gaan... Hyt net sy pa se nommer uitgedeel en is met 'n groot smile huistoe... Die eerste ontmoeting met sy ouerhuis... Baboo en Bella, my en Annatjie en Bobby se honde was so nuuskierig toe die klein seuntjie by die huis kom.. Hulle wou dadelik vriende maak maar het vinnig besef Sion is nie in hulle vriende klas nie... Hy drink nie uit 'n bak nie en hoef nie buite te gan piepie nie... Ek kan sien hulle dink Sion word voorgetrek, so hulle probeer hom elke keer alleen kry om die situasie te bespreek.. Sion smile maar net vir die twee wolhaar brakkies en drink aan sy mamma.. Eks seker hulle sal wel iewers in die toekoms vriende raak...

Ek sit op die oomblik in London, ek kuier by my kerel, Derick.. Dis nogals koud hier.. Mag almal die vakansie tyd ongelooflik geniet en lekker eet... Jy kan Januarie weer met jou dieet begin.... En moet nooit kwaad gaan slaap nie... Ons besigste tyd le nou voor ons, ek doen my EERSTE TOER NOU VAN DIE 9DE DESEMBER AF SAAM BOBBY!!! Ek sien vreeslik uit ek hoop ek sien julle daar!! En o ja!!! Voor ek vergeet ons het vir Rihanna hier in London gaan kyk! Regtig sooo cool gewees!! Dis net anders... Die beligting, die klank, die duisende mense.. Alles. Ek sal fotos op my facebook page sit een of ander tyd dan kan julle sien... Dit was regtig iets om te beleef! En o ja!!! Derick het Taylor Swift se DVD vir my gekoop van haar wereld toer, absoluut die moeite werd!!!! Dis ongelooflk goed!!!

Ok, ek het ook vir julle ‘n lekker kompetisie.... 10 van julle kan elkeen ‘n geskenkpakkie wen met ‘n waarde van R500. Ek gaan nie vir julle sê wat daarin is nie – julle sal sien as julle dit kry! Die kompetisie sluit Vrydag die 9de Desember. Die vraag is: Noem 3 plekke waar ek en my boetie in Desember sing. Email net jou antwoord na nien@insight.za.com As jy een van die wenners is sal ons jou laat weet met ‘n email.

Ok julle ek gaan nou groet... Dankie vir die tydjies wat ons kon saam spandeer het en nog gaan.. Mag jy 'n mooi dag vol liefde beleef en liefde gee.. En mag jy jou skeppingsdoel in Christus uitleef want alles wat ons hier sien kom tot niks... Soos Prediker se.. Dis net 'n gejaag na wind... Al wat sal bly vir altyd is jou verhouding met Jesus...

Baie liefde en dankbaarheid!!!!
Karlien
XXX

]]>
Wed, 21 Mar 2012 14:24:22 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=5
Nuusbrief NR3, 2011 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=4  

29 Julie 2011

Hallo julle,

Hoe lekker sou dit wees om ook soos die diere in die winter te kan hiberneer...? Dis al waaraan ek heeltyd dink. Hoop jy sit in 'n warm kantoor of onder 'n warm kombers met koffie of iets in die hand, en maak seker jou rekenaar skerm reflekteer nie teen die venster agter jou dat jou baas kan sien jys besig op my website en nie met jou werk nie...

Dankie is die woord waarmee ek met julle wil begin praat. Duisende ongelooflik baie dankie vir julle stemme met die Tempo Awards, en aan almal van julle wat my album koop, wat 'n voorreg. Die dag van regmaak vir die Tempo toekennings was nie 'n grap nie, en dis of AL my afsprake deurmekaar geraak het iewers.. So dat ek op die ou einde nie eers kon bad voor ek aangetrek het nie.. Jammer wou dit net deel? Dit was seker biekie weird? Jammer. Oppad soentoe moes ek ‘n kalmeerpilletjie sluk, darem net ‘n natuurlike kruie pilletjie, want dit moes help met die senuwees... Want my hart wou weghardloop, ek was bang ek spring op as hulle nie my naam aangekondig het nie of val dalk flou of begin een of ander weird dans doen.. En ek het nooit geweet mens kan so sweet van stres nie. Eerlike waarheid, ek haat kompetisie. Maar dis deel van die bedryf en eerlikwaar druk dit jou om beter te wil doen. Ek kyk altyd die Grammy Awards en dan sit al die bekende mense mos nou so tussen mekaar. Ekt myself toe vir 'n oomblik verwar met Taylor Swift en Romanz wat agter my gesit het met Westlife, en Kurt Darren wat voor my gesit het met Ricky Martin en Jack Parrow op die screen het my laat dink aan Eminem, en my broer langs my, Brad Pitt... Ek was in my eie droom wereld, ek het regtig daaraan gesit en dink hoe dit moet wees om tussen daai klomp te sit. Die aand was intimiderend, en die kompetisie sterk, my broer het vir my nog van daai kruie kalmeer pilletjies gegee want hy verstaan die stres. Volgende oomblik se Ricky Martin (Kurt) Beste nuweling vir 2011, Karlien Van Jaarsveld... Toe slaan realiteit want hyt nie gese Taylor Swift nie. Ek onthou ekt op my skoot gele vir 'n ruk voor ek opgestaan het, na Annatjie my op die skouer tik en se Karlien, dis jy. Ekt toe opgestaan en van daar af regtig nogals 'n blur... Daar was baie mense en ek het nog nooit 'n toekenning gekry nie, nie eers 'n medalje nie, so die was baie groot! God is goed! Hy's so ongelooflik bitterlik goed vir ons. Ons moet net ons oe oopmaak en rondom ons kyk, want jy sal orals Sy goedheid sien in die gebroke wereld. Dankie dat julle in my glo en gestem het, dis van onmeetbare waarde, ek waardeer dit uit my hart julle. Dankie.

Dan het ek by Innibos die nuus gekry dat my album goud gegaan het!!!!! Ek was wit in die gesig. Die mense van Sarie Tydskrif het my kom se, en ek was nie seker of hulle grap of nou die waarheid praat nie. My record company wou dit geheim hou vir my tot die maandag, maar so kom goeie nuus altyd vinnig uit! Ek was absoluut in ekstase! Ek kon dit nie glo nie! Dankie julle weereens, regtig, sonder dat julle die album koop is dit nie moontlik nie.. En vir die wat hom dalk gecopy het, ek hoop jy kry 'n brandende begeerte om die regte een in die hande te kry! Dankie julle.

Die GIG-kamp was ongelooflik. God is Good! All the time!! Dankie vir almal wat dit saam ons kon deel. Ek bid dat God waarheid in jou hart sal plant, dat jy nie woorde en se goed van mense sal volg nie, maar dat jy soos Hy in Sy Woord se, die Heilige Gees jou leraar sal maak. Onthou jy kan dinge hoor en leer, maar gaan vergelyk ALTYD ALLES met Sy Woord, want dis die enigste waarheid wat ons het! God het Sy plan met jou geweet voor die voorlegging van die aarde, maar ons het op ons koppe geval saam Adam in die paradys, en vergeet hoekom ons hier is, en daarom is my gebed, dat God jou geopende oe van die verstand sal gee, dat jy sal onthou wie jy was voor die grondlegging van die aarde dat jy in jou skeppingsdoel sal kan opstaan en sal deel raak van Sy bruid, ja mans julle word ook die bruid! Maak julle lampe vol olie dat ons sal reg wees om ons Bruidegom tegemoet te kom. Ek bid dat julle oe sal oopgaan om nie die oordeel oor iemand anders uit te spreek nie, omdat ons elkeen se verhouding met die Vader verskil, en wat by jou 'n oortuiging mag wees is dalk nie by die volgende ou nie. Moenie jou openbaring syne wil maak nie, hy moet dit self ondersoek en God moet dit vir hom of haar openbaar, jy kan daardie persoon slegs in die waarheid lei, na die Een wat die Lewende Water voorsien. Ek bid dat julle almal sal groei in Hom en sal verstaan dat God nie oordeel nie, en dat Hy werklik kom nuut en vry maak.

Ek sal vir julle die datums van die Elia kampe deurgee wat ons ook bywoon as julle sou belangstel om te kom om jou Vader te leer ken en dit wat Hy oor jou se. Julle is almal meer as welkom!! Ek sal die datums hierop en ook op my facebook en op GIG se website sit! So asb gaan kyk daarvoor! Regtig 'n blessing!!

Dankie vir julle tyd en belangstelling, julle beteken baie vir my.

Wees vandag die lig, want God is lig, laat Hy deur jou skyn na die mense om jou.

Baie liefde
Karlien

]]>
Wed, 21 Mar 2012 14:23:00 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=4
Nuusbrief NR2, 2011 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=3  

 7 Junie 2011

Hello julle!!!!

Eerstens welkom aan almal wat nuut is hier op my website en dankie dat julle ons ondersteun en soveel moeite maak, ek waardeer dit soooo baie!!

Daar is baie aan die gebeur nou, julle koop my nuwe album en dit stoot alles op!! Dankie vir elkeen wat 'n album gekoop het, ek hoop julle geniet dit baie en dit beteken miskien iets vir julle. Julle kan al my show datums op my website kry!! Sal lekker wees om julle elkeen te ontmoet!! Eks nie seker of julle weet van die nuwe video wat op Jakaranda 94.2 'gelaunch' is nie? Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou!!!! Ons het hard aan die video gewerk, ons het dit in die karoo gaan skiet op twee wonderlike mense se plaas, Jan-Hendrik en Patrys. Dit was ongelooflik koud en ek het elke oggend 5 uur opgestaan om reg te maak vir die dag se shoot. Ek het die meisies jammer gekry wat my hare moes doen, want hulle moes saam my vroeg wakker word en help met die mooi maak. Ons het die mooiste sonsopkoms gesien wat ek al ooit gesien het. Vir een of ander rede, elke keer wat ek in die natuur kom raak God se teenwoordigheid net tasbaar, dis orals rondom jou daar. Dit was so interessant, ons het 'n kort film van die video gemaak wat binnekort op youtube behoort te wees wat julle die hele storie mooi gaan vertel, presies waaroor dit gaan. Daar is dialoog, so ekt biekie geact... ons sal maar moet hoor wat dink julle? Ons het die video in 'n 70's tipe tydperk geskiet waar daar nie tegnologie en dinge was nie. Regte pearl harbour tipe video. Daar is soveel wat agter die skerms gebeur dat dit eintlik so weird is om na die tyd die video te kyk en net vir my en die ou wat saam met my gespeel het daarin te sien, want almal sit letterlik net agter die lens.. Dit sal binnekort op MK en KYKNET te sien wees!! En ek weet JAKARANDA 94.2 het ook 'n kompetisie waarin jy R10 000 kan wen as jy die video direk op hulle website gaan kyk en die vraag kan antwoord, so gaan maar in op hulle website. Of wag, click sommer op die link dan is jy direk by die video, http://www.youtube.com/user/Jacarandavideo1#p/a/u/1/vs9fiUIjov0. Die kompetisie sluit more!!!!!! Julle MOET vandag gaan kyk en die vraag beantwoord........ Moet nou nie uitmis nie!

Ek en my broer gaan woensdag TOP BILLING skiet, ek sien uit, dit lyk altyd vir my na so 'n grand program so hopelik maak ek nie weer een of ander dom grap nie. Hou maar duim vas. Dit behoort oor so 2 of 3 weke te wys. Op 'n meer ernstige noot, wil ek julle vra of julle nie almal waar julle kan asb met komberse in julle karre sal rondry nie, en daar waar jy iemand sien wat minder bevoorreg is, dit vir hom of haar te gee asb, die winter is so koud en veral die week wat nou kom gaan baieeee koud wees, ek voel so jammer vir daai mense, my hond het 3 komberse en hy lyk nogsteeds nie gelukkig nie. Dis baie koud en ons is almal so bevoorreg om in 'n warm bed te kan slaap met 'n vol maag, so as julle asb ons sal help met die projek sal ek dit baie waardeer, uit my hart uit. Mag Jesus julle seen met elke kombers wat julle uitgee, al is dit net dat jy goed oor jouself kan voel in daardie oomblik.

Ek het so week terug 'n onderhoud op Radio Kansel gehad oor my lewe en hoe God vir my 'n werklikheid geword het en Hy my hele lewe kom verander het na 'n persoonlike ontmoeting. Die hoof van Radio Kansel was baie beindruk en het my 'n geleentheid aangebied om omtrent weekliks iets uit te saai oor die radio waar ek tieners bemoedig met daaglikse temptasies wat ek self ken. Ek weet God het Sy hand in die ding want ek vra Hom altyd waar kan ek praat waar mense my sal hoor, waar kan ek die waarheid praat, en Hy het my die geleentheid gegee, en ek is Jesus ewig dankbaar daarvoor. Ek hoop dat julle na Radio Kansel sal luister, en dat dit werklik iets vir julle sal kan beteken...

Die Komatipoort Garnaal fees is om die draai en FIESTA het my gevra om daai dag aan te bied... Eks biekie gestres maar hopelik sal dit baie goed gaan en 'n great fees wees, ek hoop julle almal kom!!! Dis die 25ste Junie, so ek neem aan bitter koud en pannekoeke defnitief.

Ek gaan ook by die GIG winterkamp wees!! Ek sing daar en praat wat ookal Jesus daar op my hart sit. Ek hoop regtig julle kom. Kom met 'n verwagting in jou hart, want Jesus se Hy sal jou in jou verwagting ontmoet. Hy is real, Hy is great en Hy wil 'n persoonlike verhouding met jou hê. Kom deel dit saam ons. As jy meer wil uitvind, gaan na www.gigministries.co.za 

Ek weet nie of julle dalk al gesien het nie, maar ek is op TWITTER, dis nogals 'n great manier om julle deel te maak van wat alles in 'n mens se dag gebeur. Ek volg self 'n hele paar mense. Ek het al lekker gelag. So as julle wil deel raak sal dit great wees, ek gee vinnig daar updates van iets wat op die oomblik gebeur.. my twitter naam as julle dit wil soek is, KarlienVanJ, tik dit net so in en search...

Ek het nou ook 'n page op facebook waarna julle kan gaan, ek het glad nie enige ander profiles op facebook nie, net die nuwe een, so as julle daar wil join sal dit lekker wees!!

Iets waarna ek baie uitsien is INNIBOS FEES!!! Ek sing daar die 30ste Junie op die hoofverhoog. Die fees groei elke jaar met duisende mense en dit raak net lekkerder. Dis regtig 'n groot voorreg. Hoop julle het al plek bespreek!!

Dan nog 'n laaste ding, die 29ste Junie het ek en Bok Van Blerk 'n signing sessie by Makro Silver Lakes!!! So kom sê asb hallo!! Maar sjoe ek moet se ek sal verstaan as jy nie jou kinders wil bring nie, want al daai sweets in daai plek sal my kop net so deurmekaar krap. Ek koop altyd een of ander iets daar voor ek uitstap... Maar dit sal lekker wees as julle kom!!

Ek hoop regtig julle het 'n geseende jaar sover, en dat julle almal nog elke dag lag en liefde gee en ontvang, en dat julle nooit sal ophou soek na die waarheid van Jesus nie. Dis oor Hom wat alles gaan!!!

Shalom
Karlien V J

]]>
Wed, 21 Mar 2012 14:21:55 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=3
Nuusbrief NR1, 2011 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=2  

 5 April 2011

HeLLo JuLLe!!!!!

Dis altyd vir my so 'n storie om 'n brief te begin skryf, want ek voel nie goed met briewe skryf nie, en die enigstes wat ek ooit skryf is aan mense wat regtig iets in my lewe beteken, en elke liewe een van julle beteken vir my meer as wat ek in woorde kan se. So ek wil die brief persoonlik skryf en he elkeen van julle moet weet dis spesiaal vir jou. Ek wil begin deur dankie te se vir elke boodskap wat jy stuur op my gasteboek, elke ma, elke kind, elke ouma, almal. Ek lees elke boodskap, ek kan nie op alles reply nie, maar ek waardeer dit uit my hart uit. Dankie. Dit voel of die tyd vlieg en dinge regtig vinnig gebeur, ek voel nogals op die stadium soos Alice in Wonderland wat in 'n gat van blessing in geval het en die journey stop nie. God (Yaweh) is so goed!!!! My nuwe album, of herverpakte album, ek hou daarvan om van hom te praat as die nuwe album want alles omtrent hom voel nuut vir my. Daars 5 nuwe liedjies op, nuwe dankies, nuwe foto's, en dit voel meer soos ek, baie meer soos die regte ek. Ek het na die eerste week wat die album uitgekom het op die 4de plek gaan le op DKNT se top 10, en die volgende week wat ek gekyk het, het ek begin wonder of ek nie uitgeval het nie, maar ekt die verassing van my lewe gekry met die eerste plek op die top 10!!! What did i tell you, God is sooooo GOOD!! Ek was absoluut in ekstase, ek onthou ek het met Theuns Jordaan gepraat net voor DKNT op gekom het want ons was by die Neil Diamond show en hyt vir my gese hy sien 'n groot toekoms vir my. Ek was maar onseker maar ek weet dat enige iets by God moontlik is. So ruk daarna kry ek 'n sms ons het jou nog nie op DKNT gesien nie, en ek begin dink, het ek uit geval? So ruk daarna terwyl Neil Diamond Forever in blue jeans sing, kom 'n sms deur wat se eks nommer 1!! Ek het begin huil en dit was nie my eerste keer wat ek gehuil het daardie aand nie, want ek is mal oor Neil Diamond en het al gehuil toe hy Play me sing. Ek het vir Theuns wat aan my linkerkant gesit het gese om dit by die ry af te stuur tot by my ma'le (my HELE familie en vriende het 'n ry vol gesit daar). Almal was baie opgewonde. En dis alles te danke aan elkeen van julle wat die cd's koop, so dankie, ek waardeer dit regtig uit die diepte van my hart.

Ek leer baie die laaste tyd en kry vreeslik baie geleenthede, en die ander geleentheid wat ek oor my pad gekry het was om 'n Afrikaanse fliek te skiet in Januarie en Februarie. Die fliek se naam is Platteland. Steve Hofmeyr speel my pa (nee hys nie regtig my pa ook nie), en Hanna Grobler my stiefma, en Jay is my broer, my naam is Rolene Ferreira in die fliek, wat baie weird is want my broer was Jan Ferreira in sy fliek, Liefling. Ons twee kan ook net nie wegkom van mekaar nie...? My pa is 'n baie rowwe man in die fliek en die dorp is regtig skrikkerig vir hom, hy besit basies alles en dit wat hy nog nie besit nie sal hy doodmaak voor. My stiefma drink permanent wyn en is glad nie geld gewoond nie, so ek kan haar regtig nie verdra nie, ons baklei nogals lekker in die fliek, en dit voel eintlik so snaaks, want in die regte lewe is Hanna 'n goeie maatjie van my. So dit was nie altyd lekker om so met haar te baklei nie en vir haar ook nie, want sy moes my op 'n staduim klap. Ek dog toe ons gaan die klap so biekie fake. Maar na die eerste take wat ons gevat het van daardie spesifieke scene se Sean Else, nee jy moet haar regtig klap. Hanna het groot goue ringe aan want sys mos niks gewoond nie so ek weet hier kom 'n ding. Die eerste 3 keer wat sy my geklap het was nie so seer nie, en ek raak toe gemakliker, maar min het ek geweet sys nog besig om in die rol van Louise Ferreira my stiefma in te kom. Na die 3de klap was die nie meer snaaks nie en syt my nog so 15 daarna gegee. My wang was bloedrooi na daai scene, en ek kan met alle eerlikheid se, dis nie lekker om geklap te word in die gesig nie. Shame sy het die heletyd net jammer gese na elke keer wat sy dit moes doen, so ek hoop regtig daai klap lyk vrek goed in die fliek, want hel dit was seer. Ek het ook 'n liefde in die fliek wat ek nie mag sien nie omdat my pa so se, en sy naam is Wian Van Niekerk in die fliek, Vaughan Gardiner. My pa wil nog hulle plaas ook as eiendom in besit neem en so mag ek glad nie vir Wian sien nie en hy nie vir my nie, maar soos tieners is maak ek altyd 'n plan om by hom uit te kom, en hys 'n baie nerd tipe ou in die skool, maar ek het op hom verlief geraak. Vaughan Gardiner (Wian) is die boetie van Lianie May in die fliek, en Bok van Blerk kom dan op 'n stadium in om die hele situasie te red, maar ek kan nog nie se of hy dit reg kry nie.... Julle sal moet gaan kyk? Dis 'n baie snaakse, stylvolle, aksievolle fliek en ek glo dis deel van die poging om afrikaans uit die "kommin" genre te kry. Die "kommin" is baie keer snaaks, maar ek meen dit lyk of dit al is wat Suid Afrikaners kan doen? En dis nie so nie. Ek hoop regtig elkeen van julle sal dit gaan kyk en dat dit die moeite werd sal wees vir julle. Vat miskien 'n tissue ook saam....

Ek hoop regtig ek sien julle binnekort by shows. Ek weet ek sing die 25ste April by die Randse paasskou, en die 28ste April by Firkin in centurion!! Eks besig om 'n lekker show uit te werk wat ek hoop julle baie van sal hou, so julle moet maar kom kyk en my kom se wat julle dink...Ek weet ook dat ek die 17de April op Jukebox is...

So dinge is redelik aan die gang aan my kant, ek slaap defnitief minder as wat ek altyd het. Eks besig om vir my 'n huis nader aan my broer hulle te soek want soos julle seker al weet verwag hy en Annatjie hulle eerste babatjie in Oktober, en ek wil naby wees vir alles!! Ek gaan heeldag popspeel, en die baba se eerste skinny jean koop wanneer hy/sy een word... Ek kan nie wag nie...!!! Ek moet nou weer gaan, ek hoop dat julle lekker gelees het en dat ek julle binnekort sien iewers. Ek bid Jesus (Yashua) se beskerming oor elkeen van julle, ek bid dat julle sal ervaar hoe real God is, en hoe naby jy aan Hom kan lewe en dat Hy elke dag reg staan om jou in Sy arms te ontvang en om 'n persoonlike verhouding met jou te he. Ek bid dat elkeen van ons sal besef dat niks oor ons gaan nie maar alles oor ons Koning, en dat ons sal minder word en Hy meer, en dat ons ons skeppingsdoel sal uitleef waarvoor God ons in die eerste plek op aarde geplaas het. Jys spesiaal, God het jou geken voor Hy al die aarde gemaak het, en Hy Homself, die Koning van die heelal, het gekies dat jy hier moet wees, want Hy het 'n plan met jou. Begin net Sy woord lees en vir Hom die waarheid oor alles vra, Hy sal vir jou wys. Baie blessing vir julle elkeen en al my liefde,

Karlien
xxx

]]>
Wed, 21 Mar 2012 14:20:56 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=2
Nuusbrief NR1, 2010 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=1  

12 Augustus 2010

HeLLo JuLLe!!!!!

My eerste nuusbrief....!!! My CD is uit, yeahhhhhh, ek hoop julle weet dit al en het dit al iewers gesien of miskien gekoop? Eks baie bly die cd is UiTeiNdELiK uit!! Ek hoor van julle is ook, dit voel of ek vir mense begin jok het want elke keer as iemand my gevra het wanneer die cd uitkom se ek elke keer oor i maand....ek het nie gejok nie ek belowe, dis maar net hoe dit werk met die maak van i album, net sodra jy dink dis klaar is daar nog iets....Want of ek, of Johan Vorster kry i nuwe idee vir i liedjie wat ons wakker hou in die aande tot dit klaar geskryf is en uiteindelik verwerk word en op die album kom.... Dis harde werk, baie lekker, maar nie net iets wat uit die lug val nie, ek hoop julle geniet dit baie!!! Die liedjie wat nou op Jakaranda speel is Sweet dreams, ek weet van julle het dit al gehoor, baie dankie vir julle boodskappe, ek waardeer dit baieeeeee!! Ons sal teen die einde van die maand die musiekvideo vir Sweet dreams begin skiet, en ek belowe ek jok nie, dit gebeur regtig dan, so dit sal iewers in volgende maand uit kom, maar in tussen hoop ek almal droom mooi drome elke aand....Die liedjie Feeverhaal het ek een oggend 3uur geskryf toe ek met i wysie in my kop aan die slaap geraak het en ek kon net nie van dit ontslae raak tot ek op die ou einde opgestaan het en daaraan geskryf het nie...nie die lekkerste tyd om wakker te word nie.....maar dit was die moeite werd..Ekt dit in in half uur klaar geskryf en dit die volgende oggend vir my vriendinne gespeel op die kitaar en hulle was almal mal daaroor en gese hulle wou se hulle hoor i kitaar in die middel van die nag maar het gedink hulle droom...O ja, ek bly saam 3 van my vriendinne in Centurion......Dink hulle wens party dae ek vergeet hoe om kitaar te speel....darem hopelik nie regtig nie...

Ek is nou besig om te rehearse vir my shows wat binnekort begin, die eerste een is die 25ste Augustus in die Pierneef teater in Pretoria, ek het 4 dansers en i kitaar speler wat saam my gaan optree, ons wil iets anders doen in Suid-Afrika, biekie ietsie nuut probeer, want dit voel of alles dieselfde raak....en ek wil altyd iets nuuts probeer...ek sien regtig nogals uit daarna, en om te hoor wat julle daarvan dink?? Ons gaan ook binnekort begin om i nuwe afrikaanse fliek te skiet waarin ek gaan speel, dis nog eintlik i groot geheim so ek kan nie meer as dit se nie, behalwe dat dit afrikaans gaan wees....haha.. en dat ek nou minder pizza mag eet want die kamera sit 10kg by wat glad nie nice is nie...Eks lekker lui vandag, ek haaaaaaaaaat die koue, maar ek moet dit gaan trotseer, het i vergadering aan die gang binnekort....waar ek maar water sal drink en slaai sal eet...eeeewwwhhh, anyway hoop julle is almal lekker warm en eet pannekoek en kyk dvd's!!! Dankie dat julle my website besoek en vir al julle ondersteuning ek waardeer elkeen van julle sin!!! Dankieeeeeeee!!! Baie blessing vir julle en ek bid dat elkeen van julle elke dag nader aan Jesus sal groei, en dat ons vir mekaar sal bid en in liefde sal lewe....

"want nou sien ons deur 'n spieel in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. En nou bly geloof, hoop, liefde - hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde." 1Kor 13:12-13

Liefde

Karlien xxx

]]>
Wed, 21 Mar 2012 14:19:40 +0200 http://www.karlienvanjaarsveld.co.za/nuus.php?d=1